Local news

Pluk ’n haas uit die hoed vir jou geliefde

Begin hierdie Valentynsdag op ’n innoverende wyse en verras jou geliefde met ’n buitengewone geskenk.

Dit is maklik om in dieselfde patroon te verval en elke jaar die voorspelbare geskenk te gee, maar vanjaar kan jy ’n bietjie meer vindingryk wees en buite die boks dink.

Die geskenk hoef nie noodwendig duur te wees nie, maar wel uniek.

Indien jou begroting dit toelaat, bespreek ’n rit in ’n warmlugballon of dalk ’n skemerkelkie op ’n boot iewers op ’n dam of die Vaalrivier. Verras jou geliefde en bespreek ’n kookkunsklas vir julle twee en ontdek nuwe geregte wat albei sal inspireer. Neem saam ’n skilderklas, al is nie een van julle bekend vir jul kunswerk nie. Dalk ontdek julle jul verborge Picasso-gene.

Pak ’n verrassingspakkie met al jou geliefde se gunstelingeetgoed.

As jy nie ’n avontuurlustige persoon is nie, kry vir jou geliefde ’n unieke en handgemaakte geskenk. Koop ’n bottel wyn en laat druk ’n plakker met ’n spesiale boodskap daarop.

Koop blom- of groentesaad en begin saam ’n tuintjie wat ook julle samesyn sal bevorder. Maak dit mooi in ’n pakkie met tuinhandskoene en selfs eetgoed en ’n koue versnappering wat julle so tussendeur kan nuttig.

Bespreek ’n fotograaf om ’n fotosessie te hanteer om mooi herinneringe van ’n spesiale geleentheid op film vas te lê wat julle saam kan koester.

Wat ook al jy beplan vir jou geliefde, klein of groot, doen dit met oorgawe en liefde op hierdie spesiale dag.

Related Articles

Back to top button