Local sport
Jukskeispelers mik vir naaste aan pen
Ywerige jukskei-spelers van Limpopo het die afgelope naweek aan ’n senior opedag in Gauteng deelgeneem.
Die spanne is gekies van spelers uit Mokopane, Modimolle, Soutpansberg, Polokwane, Thabazimbi en Mookgophong.
Die Naboom-jukskeiklub het ses spelers gehad wat in die Limpopo-span opgeneem is.
Die spelers het puik spel gelewer en in die topdrie posisies in hul onderskeie afdelings geëindig.