Crime

Vermeende rowers vasgetrek

Die Modimolle-polisie het verlede week twee verdagtes in Mamelodi buite Pretoria aangekeer ná ’n aanval op ’n huiswerker op ’n plaas in die Boekenhout-omgewing buite Modimolle.

Volgens die polisie is die vrou in haar kamer oorval nadat die gewapende rowers toegang tot haar blyplek op die plaas gekry het.

Die aanvallers het haar glo gedwing om die hoofhuis oop te sluit. Hulle het sewe wapens gebuit, asook ’n skootrekenaar, ’n kamera en ’n plasma-televisie, het AO James Findlay, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die twee verdagtes is Donderdagoggend om 02:00 aangekeer nadat die polisie leidrade opgevolg het. Twee van die handwapens is ook teruggevind.

Die verdagtes sal in die hof in Mamelodi verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom (vuurwapens).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button