Local sport

Hansies is goed op koers

Atlete van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong het verlede Saterdag (28 Januarie) vir kookwater-atletiek op die atletiekbaan en -veld van Hoërskool Pietersburg in Polokwane gesorg.

Die Hansies het 20 eerste plekke, 17 tweede plekke en 20 derde plekke behaal. Die meisies- en seunsspanne het derde geëindig en die skool het ook ’n algeheel derde plek behaal. Hoërskool Pietersburg was eerste en Hoërskool Merensky van Tzaneen tweede. “Ons atlete verbeter elke keer en dit is ’n bewys dat harde werk en oefening belangrik is,” het Lebu van Heerden, adjunkhoof van sport, gesê.

Marcus van der Walt saam met Adolf Ellis, hoof van PHS. Hy verower die trofee vir beste senior seunsbaanatleet.

Daar is vriendskaplik meegeding teen Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Merensky, Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Tom Naudé en Hoërskool Piet Potgieter.

Drie van die Hansie-atlete het ook trofeë ontvang. Janneman Benson is aangewys as die senior Victor Ludorum, beste veldatleet en die seun met die beste prestasie van die dag.

Janneman Benson ontvang die trofeë vir senior Victor Ludorum, beste senior seunsveldatleet en beste prestasie van ’n seunsatleet van Adolf Ellis, hoof van PHS.

Cara Louw is aangewys as die beste meisiesatleet en het ook die spiesgooirekord vir meisies o.17 verbeter. Marcus van der Walt is as beste senior seunsbaanatleet aangewys.

“Ons atlete het baie goed gevaar en ek is baie trots op hul prestasies. Ons sien uit na vanjaar se interhoër,” het Rinus de Jager, skoolhoof van die Hansies, gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button