Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Mia Botha, ’n leerder van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong, is in die o.13 Limpopo-hokkiespan se oefengroep ingesluit. Dié groep het op Saterdag 14 Januarie aan hokkieproewe by Hoërskool Pietersburg in Polokwane deelgeneem. Die skool is baie trots op Mia en hoop sy sal die skool se naam hoog hou by die hokkie.
Atlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike-skool in Mookgophong het op Vrydag 27 Januarie aan die kringatletiek-byeenkoms by Laerskool Eugene N. Marais deelgeneem. Die atlete op die foto het almal deurgedring na die distrikbyeenkoms wat op Vrydag 17 Februarie in Bela-Bela gaan plaasvind. Voor is Stiaan Storm, Mia Meintjies, Kara Muller, Rubin Botma, Willem Smith, Shani Botha, Chaline Kotze en Hannes Roux. In die middelry is Luan Venter, Marjolene Britz, Lumé Venter, Annika Fouché, Nikla Janse van Vuuren, Mieke Botma, Willem Botha, Lianne Jacobs en Ruan Turvey. Agter is Renier Pieterse, Mieke de Beer, Waldo Grobler, Wihann Schalekamp, Jurgens van Aswegen, Mia Botha, Nicola Oosthuizen, Erik van Zyl en Lize Janse van Vuuren.

Ruben Lourens (bo) en Dirk Nortman (onder) van Laerskool Nylstroom het van 20 tot 22 Januarie aan die Limpopo o.13-tennisproewe in Polokwane deelgeneem. Met baie vegtersgees het Dirk pragtig presteer en algeheel sesde geëeindig. Ruben Lourens se deursettingsvermoë het hom die eerste plek besorg. Die twee sal Limpopo van 25 tot 29 Maart by die Suid-Afrikaanse kampioenskap (ITP) in Bloemfontein verteenwoordig.


Rele Mthombene van Laerskool Eugène N. Marais het ’n eerste plek verower tydens die onlangse Limpopo XCO-fietswedren wat in Makhado aangebied is. Die skool is baie trots op haar prestasie.
Marnus Botha van Laerskool Eugène N. Marais het aan ’n skaaktoernooi by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong deelgeneem. Marnus het ’n eerste plek in die laerskole-afdeling behaal en is algeheel negende geplaas van al die deelnemers.
Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het op Donderdag 19 Januarie hul Bokkesport-atletiekbyeenkoms gehou. Die jong atlete wat die beste presteer het, was Ragab Smith (senior Victrix Ludorum), Janco Visser (senior Victor Ludorum), Mabina Nkhanyamane (junior Victor Ludorum) en Thianessa Stolts (junior Victrix Ludorum).
Drie leerders van Laerskool Eugène N. Marais het tydens hul onlangse Bokkesport-atletiekbyeenkoms nuwe rekords in skyfwerp opgestel. Hulle is Ameré Smith (meisies o.13), Larize van der Walt (meisies o.12) en Christiaan Fourie (seuns o.12).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button