Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong was op Woensdag 11 Januarie opgewonde om hul nuwe gr.1’s te verwelkom. Stephanie Mellet (agter op foto) sien uit om die nuwelinge tuis te laat voel by die skool.
Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het ’n nuwe onderwyser, Riaan Bosch, verwelkom. Bosch is al 16 jaar lank in die onderwys betrokke. Sy spesialisvakgebied is ekonomiese bestuurswetenskap, maar hy sal ook tegnologie en natuurwetenskap onderrig. Hy is ’n gekwalifiseerde krieketskeidsregter, landloop- en gholf-afrigter. Hy is tans die voorsitter van die Gauteng Noord gholf-unie. Hy is ook betrokke by die Blou Bulle Rugby-Unie (BBRU) en rig al jare lank skaak en atletiek af.

Related Articles

Back to top button