Local sport

Enjins brul oor bulte en deur slote

’n Groep jong motorfietsentoesiaste van Modimolle het die afgelope naweek stof opgeskop by die Gauteng Cross Country Club se eerste veldryronde by Lakoa Lodge in Villiers.

Stefan Smith stoei met sy vierwielmotorfiets deur die water tydens die eerste ronde van die Gauteng Cross Country Club-wedren. Hy het in die Q1 Quads-afdeling deelgeneem.

Die klub, Team Gravity, het onlangs eers begin om veldrykompetisies aan te durf en geniet die uitdagings baie. Deelnemers wissel van laerskoolkinders tot jongmense in hul twintigerjare.

Daar word vanjaar ses rondes gehou. Die klublede is Willem Botha (85 cc senior-kategorie — vanaf 12 jaar), Mathis Thienpont (85 cc snr.), Dylan Bezuidenhout (85 cc snr.), Tiane Thienpont (85 cc jnr. – 8 jaar), Heinrich Janse van Rensburg (85 cc jnr.), Pierre Buchholz (85 cc jnr.), Stephan Smit (Q1 — vanaf 16 jaar), Ruan Muller (Q1), Thinus Coetzer (Q2 — vanaf 18 jaar) en Shaun Coetzer (Q2).

Elke afdeling het vereistes vir die grootte motorfiets wat in die wedrenne gebruik mag word. In die 85 cc senior-kategorie durf motorfietsryers byvoorbeeld ’n 18 km lange baan aan en probeer soveel moontlik rondes binne twee ure voltooi.

Diegene wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan vir Jessica Bezuidenhout bel by tel. 076 271 2945.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button