Schools

Party skole verbeter, ander boer agteruit

Die matriekslaagsyfer in Limpopo vir 2022 het met 5,4% verbeter van 66,7% in 2021 tot 72,1% .

Die provinsie met sy 110 295 matrieks het egter steeds die swakste in die land gevaar wat slaagsyfer betref met die nasionale syfer wat op 80,1% staan.

Leerders in die Waterberg het beter gevaar as in die res van die provinsie, met die distrik wat tweede beste gevaar het met ’n 77,5% slaagsyfer naas Mogalakwena se 78,3%.

Die matriekslaagsyfer van hoërskole in die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het volgens Marlene van Staden, burgemeester, soos volg gelyk:

  • Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het ’n 100% slaagsyfer teenoor 96,2% in 2021 behaal. Daar het 111 matrieks eksamen geskryf.
  • Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se twee matriekleerders het ’n 100% slaagsyfer behaal.
  • Waterberg Academy in Vaalwater se vyf matriekleerders het ook ’n 100% slaagsyfer behaal.
  • Hoërskool Nylstroom behaal ’n 97,4% slaagsyfer vir hul 117 matrieks teenoor verlede jaar se 96,8%.
  • Leseding High School in Vaalwater behaal ’n 96,2% slaagsyfer vir hul 79 matrieks.
  • Phagameng High School in Modimolle se 315 matrieks behaal ’n slaagsyfer van 84,4% teenoor verlede jaar se 61,8%.
  • Daar het 83,1% van die 83 matriekleerders aan Settlers Agricultural High School geslaag teenoor 67,9% die vorige jaar.
  • Roedtan Combined School het ’n slaagsyfer van 82,4% vir hul 17 matrieks teenoor 77,8% verlede jaar.
  • Makhutjisha Secondary School in Mookgophong se 183 matrieks behaal ’n slaagsyfer van 80,3% teenoor verlede jaar se 63,3%.
  • Mohlakamotale High School in Alma het ’n slaagsyfer van 79,2% vir hul 48 matrieks. Verlede jaar se slaagsyfer was 77,4%.
  • Solomon Mahlangu High School se slaagsyfer is 74,5%. Dit is ’n verbetering vanaf verlede jaar se 68,3% vir hul 137 matrieks.
  • Mokhari Secondary School in Mookgophong se 72 matrieks het ’n slaagsyfer van 68,1%. Dit is ’n afname van verlede jaar se 79,7%.
  • Daar het 60,2% van Meetsetshela Secondary School in Vaalwater se 103 matrieks geslaag. Verlede jaar se slaagsyfer was 78,1%.
  • By Moshia High School in Alma slaag 51,4% van die 37 matrieks. Verlede jaar het 76,2% geslaag.
  • Slegs 50% van Letamong Combined School in Mookgophong se agt matrieks het geslaag.

Related Articles

Back to top button