Home/Sport/Local sport/Oor die wenstreep… Local sport Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. January 29, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Naboom- jukskeiklub het op Saterdag 21 Januarie ’n vriendskaplike opedag in Mookgophong aangebied om klubs ’n hupstoot te gee vir die seisoen wat voorlê. ’n Totaal van 15 spanne het deelgeneem. Die klubs wat teenwoordig was, was Belabos, Die Oog, Elarduspark, Golden Oaks en Naboom. Die Naboom-klub het in twee afdelings as die wenners uitgetree. Op die foto staan Pieter du Plessis, Justin van Deventer, Andries Verster en Timmie Verster wat die C 1-afdeling gewen het. Johanco Potgieter, ’n oud-leerder van Hoërskool Warmbad, is onlangs gekies om sy rugbyloopbaan by die Internasionale Rugby Instituut (IRI) in Pretoria voort te sit. Johanco het in 2022 homself op verskeie geleenthede bewys as ’n kranige rugbyspeler met baie potensiaal. Hy was ook deel van die toerspan wat in Ierland aan die Arthur Johnson-toernooi deelgeneem het. Nou dat hy deel is van die IRI, gaan hy vanjaar as ’n losvoorspeler vir die Naka Blou Bulle uitdraf en kan deur die IRI skeidsregter-kursusse voltooi. Johanco beplan om tussendeur homself as sjef te bekwaam. You can read the full story on our App. Download it here. January 29, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print