Crime

Vrou met dagga vas ná polisie-optrede

’n Veertigjarige vrou is op Donderdag 29 Desember in Modimolle aangekeer met ’n vrag dagga waarvan die geskatte waarde sowat R19 600 beloop.

Die polisie het hul vangnet gespan nadat hulle inligting oor die vrou en haar vrag ontvang het. Verskeie eenhede van Modimolle en Bela-Bela se polisiestasies het saamgewerk.

Volgens AO. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, is die vrou ’n Suid-Afrikaanse burger en oorspronklik van Mbombela (Nelspruit) afkomstig. Sy het glo aflewerings in die omgewing gedoen. Die dagga is vermoedelik afkomstig vanaf die bergagtige Swaziland, waar Swazi Gold, soos wat die dagga bekend staan, deur onwettige kanale in Suid-Afrika versprei word.

Die vrou is in hegtenis geneem nadat die 5,3 kg dagga in haar voertuig gevind is. Sy is ’n boete by die Modimolle-polisiestasie opgelê.

“Boetes word gewoonlik opgelê vir eerste oortreders indien die hoeveelheid dwelms in hul besit nie te groot is nie,” het Findlay verduidelik.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button