Schools

Sonstralers skitter op verhoog

Die Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys in Modimolle het die jaar op ’n hoogtepunt afgesluit met hul jaarlikse prysuitdeling en konsert wat op Woensdag 30 November by die Evangelies Gereformeerde (EG) kerksaal gehou is.

Die 21 leerders van die skool en ses inwoners van die Sonstraal-tehuis het vanjaar ’n prettige Country-konsert gehou. Daar is gedans en gesing op die maat van country-musiek, kompleet met cowboy-hoede en nekserpies. Die verhoog is met hooibale en perdesaals versier.

Die pryse is na afloop van die konsert uitgedeel. Twee leerders is uitgesonder vir hul harde werk, leierskap, goeie gedrag, respek en lojaliteit. As leerders van die jaar ontvang elkeen ’n trofee saam met hul sertifikaat van verdienste.

Hantie van Aardt, skoolhoof, het gesê: “Ons is dankbaar dat ons ná twee jaar van inperkings weer kon terugkeer na normale skoolaktiwiteite soos hierdie konsert wat die leerders altyd geniet.”

Sy het verduidelik dat die skool en tehuis se sukses toegeskryf kan word aan liefdevolle personeellede en die betrokkenheid van ouers. “Ons is geseënd dat daar soveel mense in ons gemeenskap is wat die tehuis op verskillende maniere ondersteun.”

Die tehuis bied voltydse versorging aan fisiek- en verstandelik gestremdes ouer as 18 jaar in ’n liefdevolle, huislike omgewing. Dit is ook moontlik vir dagbesoekers om by die stimulerende programme in te skakel.

Belangstellendes kan vir Hantie bel by tel. 083 6120 975 of stuur ’n e-pos na: hoof@sonstralers.co.za(.) vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button