Local news

Vlakvark soek skuiling in vleiswinkel

Dit gebeur nie aldag dat ’n wilde dier doodluiters by ’n slaghuis of vleishandelaar se deur instap nie, maar dit was op Maandag 12 Desember die geval by die Camo Meat-wildsvleishandelaar in Bela-Bela.

“Die personeel was kort voor sluitingstyd besig om die dag se verkope te balanseer, toe ’n vlakvark by die voordeur ingehardloop het. Die vark het in die kombuis agter in die gebou gaan lê toe hy nie weer sy weg na buite kon vind nie,” het Stephen Nel, Camo Meat-eienaar, aan Die Pos gesê.

Niemand weet presies waar die vlakvark vandaan gekom het nie. Inwoners vermoed dat hy moontlik uit Forever Resorts se reservaat ontsnap het, het Nel gesê.

Die Bela-Bela-munisipaliteit se brandweerspan is ingeroep om die vlakvark te verwyder. Die vlakvark is daarna suksesvol in die reservaat vrygelaat.

Wat ’n verligting vir die vlakvark dat Camo Meat nie daardie dag salami gemaak het nie!

Sien video op Die Pos se Facebook-blad.

Related Articles

Back to top button