Letters

Brief: Charlize is ’n uitstekende aktrise, maar swak ingelig oor haar moedertaal

Charlize Theron se jongste uitsprake oor haar moedertaal Afrikaans — dat net 44 mense die taal nog praat — maak dit duidelik dat sy nie op hoogte is met wat in haar geboorteland aangaan nie.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter, skryf:

Die VF Plus is, soos ander Suid-Afrikaners, trots op dit wat Charlize Theron as internasionale aktrise vermag het — veral haar verowering van ’n Oscar vir beste aktrise in die rolprent Monster.

Haar jongste uitsprake oor haar moedertaal Afrikaans — dat net 44 mense die taal nog praat — maak dit egter duidelik dat sy nie op hoogte is met wat in haar geboorteland aangaan nie. Die VF Plus sal haar graag wil reghelp.

Die party vermoed selfs dat meer mense in Charlize se tuisdorp, Benoni, Afrikaans praat as enige ander taal.

Hier is die feite soos weergegee deur Statistieke Suid-Afrika se 2019-Algemene Huishoudelike Peiling  (General Household Survey — GHS) oor die gewildste en grootste tale in Suid-Afrika (afrikaans.com).

Die statistiek word gegrond op die tale wat die meeste binne en buite die huis gepraat word, insluitende skole en die werkomgewing.

Zoeloe as huistaal word deur 25,3% van die bevolking gepraat, Xhosa deur 14, 8% en 12,2% praat tuis Afrikaans.

Engels neem met 8,1% ’n beskeie sesde plek in as huistaal.

Die feit dat soveel mense Engels as omgangstaal buite die huis gebruik, is vanweë ’n institusionele taaldwangbuis wat die ANC-regering geskep het om ’n uitheemse taal te probeer verhef tot die algemene spreektaal van alle Suid-Afrikaners.

Ná bykans 30 jaar lyk dit egter asof die Engelse perd nie goed doen met sy sesde plek nie.

Dit is ook duidelik dat elke moedertaal in Suid-Afrika geliefd deur haar gebruikers gekoester word.

Nie alle tale is wêreldtale nie. Dit maak dit nie minder geliefd onder die mense wat dit praat nie. Dit is ’n harde realiteit en dit is hoe dit hoort.

Charlize kan eerder oorweeg om in Suid-Afrika ’n rolprent in haar eie taal te kom vertolk synde rolprente met byskrifte in Engels se gewildheid toeneem en ook begin meeding vir Oscars.

Related Articles

Back to top button