Letters

Brief: Sakelui moet ag slaan op nuwe wetgewing

Die doelstellings van die wet is onder meer om voorsiening te maak vir die registrasie van sakeondernemings in Limpopo.

John Fourie, Bela Bela skryf:

Gedurende 2003 is die “Limpopo Business Registration Act Number 5 of 2003” gepubliseer.

Die doelstellings van die wet is onder meer om voorsiening te maak vir die registrasie van sakeondernemings in Limpopo, asook om korporatiewe verhoudinge tussen die provinsiale owerheid, die plaaslike owerhede en die sakesektor in die provinsie te verbeter.

Nog ’n doelstelling is om aan voorheen benadeeldes maklike, eenvoudige en goedkoop toegang tot ekonomiese aktiwiteite te bied.

Die wet is in die Buitengewone Provinsiale Koerant van 2 April 2015 by wyse van algemene kennisgewing 99 van 2015 opgevolg met ’n stel regulasies wat verdere gevolg gee aan die toepassing van die wet.

In ’n bylae tot die regulasies is die besighede gelys wat geregistreer moet word en ook die registrasiegeld wat jaarliks betaalbaar is.

Hoewel inligtingsessies gedurende 2016 rakende die implimentering van die wet en regulasies aangebied is, is niks verder daaromtrent ter tafel gelê nie.

Kennisgewing nommer 55/22 van die Bela-Bela-munisipaliteit wat op Vrydag 18 November 2022 in Die Pos gepubliseer is, het die aandag weer op die aangeleentheid gevestig.

Ingevolge die kennisgewing is die bevoegdheid aan die munisipaliteit verleen om vanaf 1 Januarie 2023 binne sy munisipale gebied die registrasie van sakeondernemings, asook die hernuwing van registrasies, te onderneem.

Die invordering van die voorgeskrewe registrasiefooi sal seker ook met registrasies deur die munisipaliteit gedoen word.

Hopelik sal die munisipaliteit riglyne verskaf oor die vereistes en werkwyse vir registrasies .

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button