Schools

Klein Nylies skitter by groot nasionale kunswedstryd

Leerders van Laerskool Nylstroom wat aan vanjaar se nasionale Allegretto Eisteddfod deelgeneem het, het geskitter in die finale kompetisie en ’n wavrag toekennings ingepalm.

Die twee gala-geleenthede is op Sondag 30 Oktober in Benoni en op Saterdag 5 November by Hoërskool Bekker in Magaliesburg gehou.

Gerard Roodt (gr.4) se pragtige potloodskets van ’n leeuwyfie en Tanja Veldsman (gr.2) se kleurvolle blommelandskap is aangewys as nasionale wenners in die potloodskets- en akrielverfafdelings. Albei is ook as nasionale ambassadeurs vir 2023 aangewys. Hul trotse kunsonderwyser, Chrissie Roodt, is as die beste nasionale streeksverteenwoordiger van 2022 aangewys.

Lianke Grové (gr.2) is aangewys as die nasionale wenner in die redenaars en voordrag van voorgeskrewe gedigte-afdelings in haar ouderdomsgroep.

Lianke Grové, ’n gr 2-leerder van Laerskool Nylstroom in Modimolle, is aangewys as nasionale wenner in die redenaars en voordrag van voorgeskrewe gedigte-afdelings.

Die ander leerders wat ook goed presteer het, is Carla Erasmus (prestige sertifikaat), Charné van der Colff (prestige sertifikaat), Kara van der Merwe (prestige sertifikaat), Dané Pretorius (prestige sertifikaat), Arnu Grové (prestige sertifikaat) en Qi’Hara-Lee Kotze (prestige sertifikaat).

Die ywerige seremoniemeesters is ook beloon vir hul puik aanbieding: Miané Louwrens (prestige sertifikaat en meriete erkenning), Chrizé Rietchard (prestige sertifikaat en meriete erkenning) en Stefan Bosman (prestige sertifikaat en meriete erkenning). Chrizé en Stefan is ook aangewys as nasionale ambassadeurs vir 2023.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button