Die Bosveld-jagtersvereniging se Waterbergtak (BJV) het op Vrydag 4 November tydens hul jaarafsluitingsfunksie by die Maroela Oase-vakansieoord hul fokus op die topskuts van die jaar geplaas. Skuts is vereer vir hul bydraes, vernuf en lojaliteit teenoor die klub en die sport.
Rassie Jansen van Vuuren (middel) is vanjaar vir sy besondere vernuf in haelgeweer-skiet beloon. Die BJV het dit goedgedink om ’n nuwe tradisie te begin in die vorm van die Gerrie van der Westhuizen-wisseltrofee vir die beste haelgeweerskut van die jaar. Van der Westhuizen was ’n toegewyde BJV-lid wat in 2018 oorlede is. Saam met Jansen van Vuuren staan Elwin van Niekerk en Robert Weir.
Liza Engelbrecht het ’n toekenning as vroueskut van formaat ontvang. Sy was algeheel tweede tydens die konfedera-sie van jagverenigings van Suid-Afrika (CHASA) se Multigun-skietkompetisie wat in September in Rustenburg gehou is. Sy het ook provinsiale kleure tydens die CHASA-baanskiet interprovinsialekompe-tisie in Bloemfontein behaal. By haar is haar trotse man, Jannie Engelbrecht, voorsitter van die BJV.Jané Cilliers is as die beste vroueskut van die jaar aangewys. Sy het uitgeblink in die .22-skietkompetisie. Japie Cilliers, BJV-ondervoorsitter, het aan haar die wisseltrofee oorhandig.Jacobus “Koos” Gustav Pienaar het tydens die afgelope BJV-jaareindfunksie met die gesogte Bosskiet-wisseltrofee weggestap. Hy het die meeste punte tydens die BJV se bosskietkompetisie behaal.