Local sport

Topatlete keil mekaar op

Die Hansies het op 14 en 15 Oktober vir die 48ste keer die Elardus Erasmus-gedenkatletiekbyeenkoms aangebied waar atlete van regoor die land hulle staal kom wys het.

Altesame 54 spanne van 47 skole se toptienseuns- en meisiesatlete het aan die baan- en velditems deelgeneem. Skole uit Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo word jaarliks na die byeenkoms genooi. Die atlete word geëvalueer op die Absa-atletiektabel en elkeen mag aan twee items deelneem. Slegs die beste tien Absa-punte per span word in aanmerking geneem.

Die bekende kommentator, Arnold van der Merwe van Potchefstroom Gimnasium, het soos in die verlede weer die atlete aangemoedig.

Die atlete van Hoërskool Hans Strijom het goed gevaar en 28 ste geëindig. Hoërskool Nylstroom het ’n 32ste plek verwerf en Ellisras se A-span was 12de.

Hoërskool Menlopark het as algehele wenners weggestap met Prestige College van Hammanskraal tweede en Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp in die derde plek.

Die beste seunsspan van die dag was die atlete van Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria en die beste meisiesspan was Prestige College van Hammanskraal.

“Die Hansies wil al die skole bedank vir hul ondersteuning en sportmanskap wat aan die dag gelê is tydens die byeenkoms. Dit was regtig ’n voorreg om julle weer hier te ontvang,” het Rinus de Jager, hoof van Hans Strijdom gesê.


Uitblinkers van die Hansiespan was:

  • Cara Louw wat naaswenner in die spiesgooi o.16.
  • Marcus van der Walt behaal ’n vierde plek in die 400 m seuns o.16.
  • Janco van der Walt wen die 800 m vir seuns o.19 en is derde in die 400 m hekkies.
  • George Nkoako behaal twee tweede plekke in die 110 m hekkies seuns o.19 en driesprong.
  • Yvette Swan verower ’n derde plek in die meisies o.19 skyfwerp.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button