Kom swem saam
Swemmers en toeskouers kan solank die litte losmaak en die verkykers uithaal vir die gewilde 19de Bosveld Myl swembyeenkoms eerskomende naweek by die Warmbad Bootklub buite Bela-Bela.
Ywerige swemmers kan aan vyf items deelneem — ’n 3km-, 1,6km-, 800m-, 200m en 400m-swemitem.
Die kostes beloop R220 vir deelname in die 3km; R200 vir die 1,6km; R170 vir die 800m, en R100 vir beide die 200m en 400m-items.
Die 200m en 400m-items is pret-items vir enige persoon, oud of jonk, wat kan swem.
Kontantpryse van R1000, R600 en R300 wag vir die top drie swemmers wat die langste afstand voltooi — mans en vroue-wenners. Die wenners van die 1,6km en 800m-items wen elk R500.
Ander deelnemers wat die afstande voltooi, sal elk ’n medalje ontvang.
Geen kontantpryse word tydens die pret-items uitgegee nie.
Die hoofhek vanaf die Alma-pad open op die dag om 06:00.
Die toegangsfooie beloop R60 per voertuig, vir beide swemmers en toeskouers.
Registrasies vir mense wat gaan deelneem begin om 07:00.
Terwyl die swemmers in die waters meeding, sal daar verskillende kosstalletjies en vermaak langs die dam beskikbaar wees.
Die geleentheid beloof groot opwinding.