Local news

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Bela-Bela-gemeenskap het op Sondag 9 Oktober ’n steunpilaar van die gemeenskap, Ben Cohen (80), aan die dood afgestaan. Cohen was die eienaar van die bekende Unie Slaghuis in die dorp. Sy begrafnis vind op Dinsdag 18 Oktober om 10:00 vanuit die NG Wes-gemeente plaas.
Lede van die Kromdraai gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Laerskool Leeupoort op Donderdag 8 September besoek as deel van hul kinderbeskermingsuitreikprogram. Die lede het die behoefte by die skool vir verkoelingstoerusting opgemerk aangesien die skool 55 skoolkinders daagliks van kos voorsien. Die GPF het ’n yskas en kitsvrieskas aan die skool geskenk. ’n Vleisskenking is ook gemaak. Op die foto word die toerusting aan die skool oorhandig.
Die Pos-koerant het op Saterdag 8 November ons 40ste verjaardag gevier. Glam Café, ons bure by die Bela-Bela-kantoor, het ’n dekadente sjokoladekoek vol suikerverrassings oorgestuur om saam te vier. Voor op die foto is Keina Swart, Charmaine Lourens en Bea Emslie. Agter is Johanna Makwela, Dion van Eck, Anneline du Preez, Marietjie Steenkamp, Willie Nel, Maria Oberholzer en Maria Makwela voordat daar tot die Groot Eet oorgegaan is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button