Letters

Brief: Brief uit die hart van ʼn boervrou

Ek weet ek moenie bitter raak nie, maar ek is sielsmoeg.

Mariska Greyling, boervrou van Modimolle, skryf:

My boerehart pomp gal nadat nog ’n boer op Donderdag 6 Oktober wreed op sy plaas vermoor is.

Ek weet ek moenie bitter raak nie, maar ek is sielsmoeg. Hoe kan ek elke dag aanhou, want dit lyk nie asof dit werk nie? My woede dreig om oor te kook sodat ek ook soos ’n barbaar tekere wil gaan, maar daar is dinge wat gesê móét word terwyl die wêreld in stilte anderpad kyk.

Ek vlug tuin toe. Ek soek troos voor God, want ek voel gewond. Ek dink Hy ook. Ek bid koorsagtig, want ek het óók ʼn boer. Asseblief, God, beskerm hom, want hy is kosbaar.

Vandag is nog ’n Limpopo-boer se hartklop stil. Die boervrou — ’n vernielde, getraumatiseerde weduwee. Hul kinders — nou sonder ’n pa. Die plaaswerkers voortaan werkloos.

Soms raak my optimisme op. Ek probeer fokus op die mooi, maar dit is dof vandag. Die blomme hang halfmas en die voëls klink vals.

Related Articles

Back to top button