Letters

Brief: Gesukkel met staatshospitaal

Vir die soveelste keer hierdie jaar het die staatshospitaal nie my dogter se medikasie in voorraad nie.

Denise Edwards, Bela-Bela, skryf:

Vir die soveelste keer hierdie jaar het die staatshospitaal nie my dogter se medikasie in voorraad nie.

Dis nou al drie weke. Haar medikasie is klaar en dis nag! Ek wonder of hulle baie vinnig ’n plan sal maak om voorraad te kry as ek haar by hulle gaan aflaai vir ’n dag?

Ek is oortuig daarvan hulle sal binne 30 minute iewers ’n klomp voorraad uitkrap en my bel om haar te kom haal.

As ’n pleegkind is haar mediese versorging die regering se verantwoordelikheid. Hulle is veronderstel om vir haar medikasie te betaal. Die bietjie pleegsorgtoelae wat die regering betaal, is ’n druppel in die emmer van wat dit kos om ’n “normale” kind mee groot te maak; laat staan nog ’n kind met spesiale behoeftes.

Indien ’n mens vra wanneer hul voorraad verwag, word die skouers net opgetrek. Hoekom sal hulle hul bekommer; dis nie hulle wat swaarkry nie.

My kind is die een wat swaarkry en ek as haar versorger die een wat aan die ontvangkant van haar frustrasies staan.

Ek gaan nie vra vir krag nie, want dan gaan ek dalk borggeld benodig!

Related Articles

Back to top button