AdvertorialSponsored

Entrepreneur met ’n groot hart

Modimolle spog met ’n splinternuwe winkel, Leisure and Adventure, wat in September hul deure oopgemaak het.

Hierdie winkel is in pas met soortgelyke luukse buitelug-leefstylwinkels wat gewoonlik net in groot stede te vinde is.

Dit is juis die rede hoekom Arnoux Maré, ’n suksesvolle entrepreneur en sakeman, saam met sy pragtige modelvrou, Kiara, hul eerste winkel in rekordtyd geopen het.

Arnoux (40) het tydens ’n onderhoud met Die Pos vertel dat hy in Polokwane grootgeword het en aan die Hoër Landbouskool Kuschke gematrikuleer het. Vandaar sy liefde vir die Bosveld en die Waterberge.

Hy en sy vrou geniet die buitelewe en bring graag tyd op hul wildsplaas, Kiarnoux Dal, ongeveer 40 km buite Modimolle deur. Dit is daar waar die idee vir ’n buitelug-leefstyl- winkel as’t ware gebore is.

“Dit was tydens ’n besoek in die winter vanjaar dat ons gesien het die personeel bibber behoorlik van die koue. Ek het met die plaasbestuurder gereël om vir almal ordentlike winterbaadjies in Modimolle te gaan koop. Ongelukkig kon hy nie in die dorp geholpe raak nie en is hy uiteindelik Pretoria toe. Dis toé dat ek en my vrou besef hier is ’n gulde geleentheid vir ’n winkel wat duursame klere teen bekostigbare pryse verskaf. Daarmee saam kan toeriste wat hierheen kom om te jag en die buitelewe te geniet, ook hier aandoen,” het Arnoux verduidelik.

’n Wye verskeidenheid braai- en kampeertoerusting asook skoene en ander produkte is ook beskikbaar.

Hy verduidelik: “Modimolle is sentraal geleë en naby hoofroetes wat ideaal is vir so ’n winkel. Ons wil ook graag ekonomiese groei in hierdie omgewing aanwakker waar daar staatgemaak word op toerisme.”

Nadat hy die konsep aan die bestuursraad van sy oorkoepelende maatstkappy, Innovative Solutions Group (ISG), voorgelê het en hulle die groenlig daarvoor gegee het, is die bal aan die rol gesit.

“Ek, Kiara en ’n wonderlike span mense het bykans dag en nag gewerk om hierdie winkel binne drie maande ’n werklikheid te maak,” het hy gesê.

Kiara het aan die vrouereeks gewerk terwyl Arnoux op die mansklere en jagprodukte gekonsentreer het. Daar is oraloor gesoek na die regte soort duursame materiaal vir die nuwe Leisure and Adventure-klerereeks wat plaaslike vervaardig word. Arnoux vertel dat hulle sommige kledingstukke tot 30 keer gewas het om seker te maak kliënte sal nie teleurgestel wees in die gehalte nie.

Hy vertel dit is ook ’n wonderlike geleentheid om saam met sy vrou te kan werk, hoewel hul babaseuntjie, wat in November een jaar oud word, haar baie besig hou.

Daar is planne om binne die volgende drie jaar nog agt winkels landwyd te open. Daarby sal hul aanlynwinkel eersdaags afskop en daar is sprake dat die Leisure and Adventure-klerereeks ook binnekort in ander buitelugwinkels beskikbaar sal wees.

  • Die Pos het onlangs berig oor Hennie Pistorius van Modimolle wat ernstig beseer is in ’n fratsongeluk (27 Augustus). Pistorius se suster, Jane-Serie de Beer, het ’n versoek aan Martin Bester, aanbieder van die Good Morning Angels-program op Jacaranda FM, gerig vir finansiële hulp omdat die gesin nie ’n mediese fonds het nie. Bester, wat bevriend is met Arnoux, het die versoek aan hom gestuur waarop Arnoux ’n skenking van R100 000 gemaak het.

“As ’n pa en broodwinner kon ek myself in Hennie se posisie plaas. Daarom was dit vir my ’n groot voorreg om hierdie gesin te kon help,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button