Letters

Brief: Wildboerdery uit toeka se dae

Die Waterberg is geseёnd met baie wildediere wat orals langs die paaie te siene is.

Gawie Richter, jarelange inwoner van Modimolle, skryf:

Die Waterberg is geseёnd met baie wildediere wat orals langs die paaie te siene is.

Dit is egter te danke aan een van die Bosveldpioniers, Arthur Kapel Hyde Atherstone (gebore in 1882), ’n nasaat van die Britse settelaars in Suid-Afrika, dat wildboerdery soos ons dit vandag ken, tot stand gekom het.

Volgens bronne het Atherstone tydens die Tweede Wêreldoorlog op ’n plaas genaamd “Rust” naby Dwaalboom en Silent Valley, ongeveer 60 km wes van Thabazimbi, met beeste geboer. Hy en sy seun, Norman Edward, het later met wild begin boer en sodoende die eerste wildboere in die omgewing geword. Geelhout en hardekoolpale is destyds gebruik om die agt voet hoё wildheinings om die Atherstone-wildreservaat op te rig om die diere te bewaar.

Aangesien Norman nooit getroud is en geen nageslag gehad het nie, is die reservaat ná sy dood aan die destydse Transvaal-natuurbewaringsdepartement, nou SANParke, bemaak.

Nadat daar aangrensende plase in die tydperk tussen 1990 tot 1994, by die reservaat ingelyf is het dit as die Atherstone Collaborative Nature Reserve, bekend gestaan. Die reservaat beslaan tans 23 500 hektaar met olifante, swartrenosters, buffels, rooikat, luiperds en jagluiperds om maar enkele spesies te noem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button