Schools

Warries vier 75 jaar se uitmuntendheid

Hoërskool Warmbad het op Saterdag 24 September hul 75ste bestaansjaar met groot fanfare aangebied.

Ouers, leerders en uitstallers het in groot getalle vir die geleentheid opgedaag om in die feestelikheid te deel. Verskeie demonstrasies is deur die sportklubs gehou wat ongetwyfeld daarop dui dat die Warries oor genoegsame sporttalent beskik.

Die Waterberg Karate Academy wys hul indrukwekkende vegkunsvaardighede aan die feesgangers. Hier is sensei Nico von Stade en Michael Carr in aksie. Die klub is genooi om aanstaande jaar aan die 10de Japan Shotokan Karate Assosiasie (JSKA) se wêreldkampioenskappe in Duitsland te gaan deelneem.
Die Kruiskrag-gimnastiekklub in Bela-Bela se gimnaste het die skare vermaak met hul soepel bewegings. Mia Strydom, een van die klub se uitblinkers, bekoor die skare met haar talent.

Related Articles

Back to top button