Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.


Hendrik “Boiki” Monareng, ’n veteraan-langafstandatleet van Bela-Bela, gaan in Oktober een van die langste afstande van sy loopbaan vir liefdadigheid en vir sportontwikkeling aflê. Monareng beplan om op Maandag 17 Oktober vanaf Kaapstad per fiets die lang roete terug na Bela-Bela, oor ’n afstand van 1 566km, kaf te trap. Hy vra borge om R50 te skenk vir elke kilometer wat hy voltooi. Hy beplan om op Maandag 24 Oktober in Bela-Bela op te daag. Vir navrae kan mense tel. 076 181 2592 skakel.
Die Limpopo-bergfietsreeks het in Tzaneen op ’n goeie noot afgesluit. Henlu van der Heever van Hoërskool Warmbad het in sy afdeling algeheel sewende geëindig. Hy het homself as ’n topfietsryer van die provinsie bewys aangesien hy teen die beste ryers van Noordwes, Mpumalanga en die Wes-Kaap meegeding het.
Johanco Potgieter en JJ Herbst van Hoërskool Warmbad vlieg op Vrydag 30 September na Ierland waar hulle in die Arthur Johnson internasionale rugbytoernooi deelneem. Johanco is agsteman en JJ die losskakel vir die Warries se eerste rugbyspan. Hulle is in Maart in Mosselbaai gekies om saam met van die land se top o.19-spelers in Ierland mee te ding. Die span sal in Dublin land waarna hulle in Limerick en in Cork sal uitdraf. ’n Groot dank aan elke borg wat die twee seuns gehelp het om oorsee te kan gaan speel.
Laerskool Nylstroom se meisies eerstespan het tydens die provinsiale tennis uitspeelwedstryde wat op Vrydag 23 September in Polokwane gehou is, ’n algehele derde plek verwerf. Hier is Erin Swart, Rolande Kirstein, Arné Oosthuizen en Lize van der Walt.
Laerskool Nylstroom se tennis eerstespan sluit die seisoen op ’n hoogtepunt af. Hulle is as die naaswenners in Limpopo aangewys tydens die uitspeelwedstryde wat op Vrydag 23 September in Polokwane plaasgevind het. Hier is AB de Villiers, Rudolph Kirstein, Peet Snyman, Ruben Lourens en Dirk Nortman.
Franco van Zyl en Heinrich Steffen (gr.12) is twee talentvolle sportmanne van Hoërskool Nylstroom wat nie net in rugby nie, maar ook in krieket uitblink. Albei is gekies vir die volgende ronde o.19 provinsiale krieketproewe wat gedurende die Oktober-skoolvakansie by Stanford Lake College (net buite Tzaneen) plaasvind.
Dié Nylies se slim skuiwe op die skaakbord het gesorg dat vyf spanlede in die top 10 posisies geëindig het. Tiisetso Selema is aangewys as die algehele wenner tydens die Capricorn-distrikskompetisie op Saterdag 24 September by die Notthern Academy se suid kampus in Polokwane. Hier is Gift Williams, Jandré Neethling, Tiisetso Selema (algehele wenner), Tiisetso Nkgodi en Sean Harry.
Hoërskool Nylstroom se eerste krieketspan moes met ’n tweedeplek tevrede wees ná hul naelbytwedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer wat op Donderdag 22 September in  Thabazimbi gespeel is. Hiermee sluit die span hul suksesvolle seisoen met baie meer oorwinnings as nederlae af.
Hierdie o.16-krieketspelers van Hoërskool Nylstroom, Jannes van Zyl, Lukas van der Merwe en Johan Bosch, is gekies vir die  volgende ronde provinsiale krieketproewe wat gedurende die Oktober-skoolvakansie by Hoërskole Ben Vorster en Hans Merensky, plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button