Local news

Kom kyk na rygoed van toentertyd

Die unieke en derde antieke voertuiguitstalling word uiteindelik weer op Saterdag 8 Oktober by die Dinkelacker plaastal op die R101-pad uit Bela-Bela aangebied.

Uitstallers moes oor die afgelope paar jaar die brieke op enige verrigtinge aandraai en hul voertuie bêre, terwyl die Covid-19-pandemie en die buitensporige brandstofprys in die omtrek was.

Meer as 30 veteraanvoertuig-eienaars het aangedui dat hulle tydens die geleentheid hul eie stukkie geskiedenis op vier wiele gaan wys. Meer word verwag.

Die organiseerders vra dat enigiemand wat ’n voertuig uit toeka se dae in hul motorhuis vir jare bewaar, dit afstof en by die skou ’n draai kom maak.

Die organiseerders bied ook ’n bemarkingsplatvorm op die dag vir die uitstallers van die voertuie aan, asook vir mense wat hul ware wil kom verkoop. Groot pryse is ook op die spel vir besoekers.

Die organiseerders beloof ’n aksiebelaaide boere-snuffelfees, met genoeg kos en drinkgoed op hande. ’n Vriendelike uitnodiging gaan veral aan vakansiegangers om nie die skou mis te loop nie.

’n Professionele voertuig-kommentator sal sorg dat die dag op-en-wakker verloop met musiek en onderhoude met van die uitstallers.

Antieke voertuig-eienaars wat wil kom uitstal, of vir enige navrae bel Pikkie Pienaar by tel. 082 490 6171, Arnaud le Roux by tel. 082 325 6578 of Poppie Dinkelmann by tel. 079 697 1024.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button