Crime

Inbrekers besteel landdros

’n Bekende landdros van Bela-Bela. Maggie Montane, was die nuutste slagoffer van ’n huisbraak die afgelope week.

Volgens lt.kol. Annemarie Smith, Bela-Bela-speurtakhoof, was Montane tussen Vrydag 16 September tot Maandag 19 September nie tuis by haar woning in Robertsonstraat toe die inbraak plaasgevind het nie.

Die diewe het toegang tot die huis gekry deur die diefwering voor ’n venster oop te breek. Die diewe het ’n televisie, skootrekenaar en bergfiets gesteel.

Nadat Montane ’n klagte by die polisie geopen het, is ses verdagtes binne ’n dag spoedig aangekeer. Hulle is by die Siesta woonstelle in Quagga-straat en in Spa Park aangekeer.

Die groep sou op Woensdag 21 September in die hof verskyn het op aanklagte van diefstal.

  • Bela-Bela-inwoners wat in Reitz-, Gilfillan- en Geelhoutstraat in die dorp woon was die afgelope tyd slagoffers van vermeende diewe, nadat los eiendom in hul erwe en stoepe gesteel is. Items soos blompotte, tuintoerusting en plante was gesteel. Geen diefstalklagtes is egter by die polisie geopen nie.

Gerhard Olivier, RSRT-buurtwag, het gesê hulle vermoed wie die betrokke dief of diewe kan wees, maar dit is nog onbevestig.

“Ons skerp ons buurtwag-patrollies baie op op hierdie stadium. Hierdie dief of diewe wat eiendomme lukraak teiken veroorsaak vir almal kopsere.”

Olivier rig ’n dringende versoek dat meer gemeenskapslede op een of ander manier betrokke raak by hul plaaslike buurtwag. Hy kan bereik word by tel. 079 527 9988.

Vir die polisiestasie se kliëntedienssentrum kan inwoners (014) 736 9761/9760, of alternatief 079 889 5614 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button