Local sport

Enjins brul oor bulte en deur slote

Kranige viertrekvoertuig-geesdriftiges het die Sonstraalskool vir buitengewone onderrig in Modimolle se fondsinsamelingsgeleentheid op Saterdag 17 September ondersteun.

Die dag is by Aardwolf Adventures in Modimolle gehou en die uitdagende 4×4-roete, wat 12 hindernisse insluit, het gesorg vir talle naelbyt-oomblikke. Die 14 voertuie wat aan die 4×4-kompetisie deelgeneem het, is onder luide toejuiging van die toeskouers aangemoedig om die steil opdraandes, dongas en modderdamme kaf te draf. Oud en jonk het die dag geniet en gekuier dat die stof so staan.

Daar was stalletjies met eet- en drinkgoed, speelgoed vir die jongspan, asook twee motorhandelaars (Toyota en Isuzu) en ander motorverwante verteenwoordigers. Die dag is afgesluit met ’n veiling waarna die pryse aan die vaardigste 4×4-bestuurders in elk van die drie afdelings oorhandig is.

Inwoners wat graag by die skool wil betrokke raak, kan vir Hantie van Aardt (skoolhoof) bel by tel. 083 612 0975.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button