Letters

Brief: Geliefde dorp ’n seeroog

Toe keer ek terugkeer na my geliefde dorp, Bela-Bela, was daar net slaggate, wateronderbrekings, diensleweringsprobleme en boonop geen instandhoudingswerkers op die paaie nie.

Stieler van Eeden, Bela-Bela, skryf:

Wat ’n voorreg om twee weke lank in die Wes-Kaap te kon wees en dwarsdeur die Swartland te toer.

Ek het eintlik gaan kuier en was nie op inspeksie nie, maar kon nie die 100%-toestand van hoof- en sekondêre- paaie en strate miskyk nie. Die skoonheid van die dorpe, hoof- en systrate het my getref, asook die feit dat daar geen papiere of rommel rondlê.

Dit was opmerklik dat kontrakteurs in die dorpe en op die paaie besig is met konstruksie- of instandhoudingswerk. Maar toe beland ek in Springbok en, o wee, wat ’n verandering, maar dit is die Noord-Kaap.

Toe keer ek terugkeer na my geliefde dorp, Bela-Bela, was daar net slaggate, wateronderbrekings, diensleweringsprobleme en boonop geen instandhoudingswerkers op die paaie nie.

Kom kyk in die parkie in Driverstraat. Dit het nou die rusplek van geword van moeë munisipale werkers. Hulle en hul werkverskaffer is nie bekommerd nie, want die getroue belastingbetalers betaal mos hul salarisse.

Related Articles

Back to top button