Crime

Halfmiljoen se dwelms in tuin gevind

Daar is op dwelms van sowat R500 000 beslag gelê.

Die polisie, beamptes van misdaadintelligensie en lede van die honde-eenheid daag by die huis op.

Die Bela-Bela gemeenskap is geskok oor dwelms met ’n straatwaarde van ’n halfmiljoen rand wat in emmers in ’n tuin by ’n huis in die dorp gevind is.

Die polisie het in samewerking met beamptes van misdaad-intelligensie, asook die honde-eenheid, op Woensdag 31 Augustus op ’n perseel in Robertsonweg toegeslaan. Die klopjag het gevolg nadat die polisie na bewering by ’n skoolseun te hore gekom het van die dwelmnes.

’n Buitelander (52) is op die toneel in hegtenis geneem. Die verdagte, Modestus Chidiebane Anyanwu, het glo vir die polisie probeer vlug, maar is te danke aan ’n op-en-wakker gemeenskap vinning vasgetrek. Anyanwu het na bewering die perseel gehuur.

Dwelms is in die tuin in emmers wegesteek.

’n Vrou, wat ’n haarsalon in die Bela-Bela township bedryf, is ook op die perseel aangekeer. Sy is slegs ondervra en vrygelaat. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat meer verdagtes by die dwelmoperasie betrokke is.

Nadat die woning en erf deeglik gefynkam is, is daar beslag gelê op ’n grootmaat cat- en metamfetamien-dwelms, met ’n gesamentlike straatwaarde van R500 000. Die dwelms was in emmers in die tuin versteek wat netjies in die grond gedruk was en met tuinklippe bedek was sodat dit nie sigbaar was nie.

Volgens polisiebronne is daar ook op laboratorium-toerusting beslag gelê.

Die baniere rondom die palissade-heining sodat niemand van buite kan sien wat op die perseel gebeur nie.

Verder word daar beweer dat daar dwelms op die perseel vervaardig en van daar versprei is. Verskillende voertuie is klaarblyklik gebruik om die dwelms na potensiële kopers te neem.

Die Pos het by die omliggende bure gaan vra of hulle enigiets buitengewoon by die perseel opgemerk het. Die meeste inwoners het gesê daar was gereeld partytjies op die perseel en mense wat verdag voorkom het voor die woning se hoofingang uitgespan.

Bure het veral agterdogtig geraak toe die palissade-heining van hoek tot kant met seil van die binnekant af toegemaak is. Advertensie-baniere van bekende sakeondernemings in die dorp is hiervoor gebruik.

Anyanwu het op Donderdag 1 September in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.

Sy saak is uitgestel na Maandag 12 September wanneer hy om borgtog sal aansoek doen en om klaring te gee of hy regsverteenwoordiging gaan hê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button