Crime

Konsternasie toe inwoners drank buit

Inwoners van Bela-Bela het Maandag 5 September op ’n trok wat drank vervoer het, toegesak en hulself gehelp.

Dit het gevolg nadat die trok die vorige dag in ’n botsing op die N1-snelweg betrokke was.

Volgens lt.kol. Annemarie Smith, Bela-Bela speurtakhoof, was twee trokke in ’n ongeluk tussen die Roodekuil- en Settlers-brug betrokke.

Die trok wat drank vervoer het, is na die industriële gebied geneem.

’n Plaaslike sakeman, wat anoniem wou bly, het by navraag gesê hy is deur die betrokke eienaar van die drank gevra om die produkte wat nie bederf geraak het nie, te bewaar totdat daar besluit is wat om daarmee te doen.

Smith sê na bewering het ’n klomp plaaslike inwoners die Maandag op die perseel toegesak en van die drank gevat. ’n Volle pallet-vrag is gevat voordat die polisie opgedaag en vier mense in hegtenis geneem het.

Hulle is van diefstal aangekla.

Wanneer trokke hul vragte verloor, gebeur dit gereeld dat omstanders van die goedere vat. “Die bestuurder was nie by magte om die produkte weg te gee nie. Slegs die eienaar mag bepaal dat die publiek produkte mag neem wanneer dit onbruikbaar verklaar word,” het Smith gesê.

Die vier mense wat in hegtenis geneem is, het intussen skulderkenningsboetes by die polisiestasie betaal en is vrygelaat.

“Die neiging dat mense moedswillig ander se eiendom plunder, is ongehoord. Wat sou gebeur het as die plunderaars buite beheer geraak het? Hierdie gedrag hoort nie in Bela-Bela nie, want dit skep ’n swak indruk van ons dorp,” het die sakeman gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button