Schools

Oud-Warries hou tuisdorp se naam hoog

Daar is seker iets in die Bosveld-lug dat oudleerders van Bela-Bela by ’n gesogte skool in Pretoria presteer.

Drie oud-Warries, Dannhauser van der Merwe, Cynell Janse van Rensburg en Regardt Grobler, is in Augustus verkies op die leerderraad van die Hoërskool Menlopark in Pretoria.

Cynell Janse van Rensburg was ’n presteerder van Laerskool Warmbad wat haar hoërskoolloopbaan in Pretoria aangepak het. Sy is onlangs tot die Hoërskool Menlopark se dagbestuur verkies. Haar ouers is Michelle en wyle Jaco Janse van Rensburg.
Regardt Grobler is nie net ’n oud-uitblinker van Laerskool Warmbad nie, maar presteer ook by die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Hy is verkies tot die dagbestuur en is ook aangewys as die hoofseun van die koshuis.

Related Articles

Back to top button