AdvertorialSponsored

Bela-Bela se Century 21-tak skitter met verskeie toekennings

Die eiendomsagentskap Century 21 van Bela-Bela het geskitter tydens die maatskappy se Pearl Awards-geleentheid wat van 3-5 Augustus by die Zimbali-landgoed aan die Noordkus van KwaZulu-Natal gehou is.

Die agente van Century 21 Bela-Bela wat tydens die prysuitdeling by Zimbali-landgoed in KwaZulu-Natal aangewys is as die top 21-agente in die land is Anel Buys, Magda van den Berg en Busi Mawai. By hulle op die foto is Estelle Benadie (bestuurder) en Fred van Heerden (prinsipaal).

Die groep bestaan uit 52 takke landswyd. Die Bela-Bela-tak het verskeie toekennings verower.

Die agentskap se prinsipaal, Fred van Heerden, het ’n toekenning ontvang vir verkope bo R200 miljoen in die afgelope boekjaar.

Drie van die agente is benoem onder die top 21 agente van die jaar. Hulle is Anel Buys (wat ook ’n tweede plek in die Oyster-afdeling behaal het, Busi Mawai en Magda van den Berg. Gerhard en Corné van Rensburg het ’n derde plek behaal in die span-afdeling. Die tak het ook ’n tweede plek behaal in die Top Office Sales-afdeling.

Die personeel van Century 21 se Bela-Bela-tak by die luisterryke geleentheid by die Zimbali-landgoed in KwaZulu-Natal waar hulle verskeie toekennings ontvang het. In die middel is Fred van Heerden (prinsipaal) van die Bela-Bela-tak.

Die personeel het die geleentheid gebruik as ’n spanbou-aktiwiteit.

Hiermee wil Century 21 Bela-Bela-tak baie dankie sê aan die gemeenskap wat hulle ondersteun het. “Sonder ons kliënte sou die prestasies nie moontlik gewees het nie,” het Anel Buys gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button