AdvertorialSponsored

AfriForum kies nuwe bestuurspan vir bystand

AfriForum se Nylstroom-tak is in die proses om ’n nuwe bestuurspan te verkies.

Inwoners word genooi om die vergadering op Dinsdag, 6 September, om 18:00 by te woon. Dit word gehou by die Koro Creek-gholflandgoed in Modimolle.

AfriForum beywer hulle vir die herstel van infrastruktuur soos die vul van slaggate, verf van padmerke, asook die aanbring van nuwe stoptekens. Ledegeld word onder meer aangewend vir ’n doeltreffende buurtwag wat betrokke is by die bekamping van misdaad in die dorpsgebied, asook in die sake- en nywerheidsgebied. Die buurtwag werk nou saam met ander veiligheidsgroepe soos Heritage Protection Group (HPG), veiligheidsmaatskappye en die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Die hommeltuig wat in 2021 aangekoop is, word gereeld aangewend by voorvalle van voorwerpe op die N1- en N4-snelweë, asook die opsporing van verdagtes.

Daar word ook daadwerklike planne beraam in samewerking met AfriForum se hoofkantoor om die riool- en waterprobleme in Modimolle aan te spreek.

AfriForum se privaatvervolgingsafdeling, onder leiding van adv. Gerrie Nel, ondersteun mense wat deur die owerhede geboelie word. Die belange van kwesbare mense word beskerm in gevalle waar die nasionale vervolgingsgesag nie optree nie.

AfriForum is ’n burgerlike organisasie wat daarna streef om onpartydig op te tree sodat elkeen se grondwetlike reg beskerm word. Die groter gemeenskap se belange word op die hart gedra.

Belangstellendes kan vir James van Zyl, voorsitter van die Nylstroom-tak, bel by tel. 082 575 6902 vir meer inligting of om aan te sluit.

Wees deel van die groei en die oplossing wat AfriForum bied.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button