Local sport

Warries staan uit tydens skole-bergfietsreeks

Skole in Limpopo het nou bergfietsry as sportsoort ingestel nadat daar ná die Covid-19-pandemie ’n groot belangstelling in hierdie sportsoort ontstaan het.

Ongeveer 95% van die skole neem al op kompeterende basis deel, het Dawie Grobbelaar van SA School Cycling aan Die Pos gesê.

Die derde been van die Limpopo-skole bergfietsreeks het die afgelope naweek by Stanford Lake College buite Polokwane plaasgevind.

Daar het ongeveer 350 deelnemers van 35 skole aan die byeenkoms deelgeneem, het Grobbelaar gesê.

Adriaan Vosloo van die Warries in aksie tydens die afgelope Limpopo-skole se bergfietsreeks.

Die vorige kompetisies is in Lephalale en Makhado gehou. Die aantal deelnemers het van 240 tot 350 toegeneem.

Die organiseerders glo dat hulle meer as 400 inskrywings sal hê vir die vierde en finale been van die kompetisie wat op Saterdag, 17 September, in Tzaneen plaasvind. Dit is ’n interprovinsiale kompetisie waar die beste fietsryers van Limpopo, Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en die Wes-Kaap mekaar die stryd sal aansê, het Grobbelaar gesê.

  • Henlu van der Heever en Adriaan Vosloo van Hoërskool Warmbad het hul skool se naam hoog gehou tydens die kompetisie by Stanford Lake College. Henlu het algeheel negende geëindig en Adriaan, wat aan sy eerste kompetisie deelgeneem het, het die wedren in ’n goeie tyd voltooi.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button