MunicipalNews

Spanning loop hoog oor Modimolle-tussenverkiesing

Inwoners van Modimolle maak gereed om hul kruisies op Woensdag 3 Augustus te trek vir die tussenverkiesing in Wyk 12. Dit volg nadat raadslid Sarna Groenewald (DA) in Mei vanjaar — skaars ses maande na die munisipale verkiesing in 1 November 2021 — bedank het.

Volgens Malone Nkoana, hoof van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) se kantoor in Modimolle, het bykans 3 600 stemgeregtigde kiesers in Wyk 12 vir die verkiesing geregistreer.

Inwoners word aangemoedig om seker te maak dat hulle wel in Wyk 12 geregistreer is deur ’n SMS met hul identiteitsnommer na tel. 32810 te stuur waarop die OVK per SMS sal bevestig of hul name op die lys is. Geen nuwe registrasies kan meer aanvaar word nie.

Verkiesingslokale is by Susan Strijdomskool in Kerkstraat en by die Kokanje-aftreeoord net buite Modimolle. Verkiesingslokale sal op Woensdag van 07:00 tot 21:00 oop wees vir kiesers van Wyk 12 om hul kruisies te gaan trek.

Sarita Kriek-Vosloo van Die Pos het met die vier kandidate — Wiets Botes (DA), Mariska Greyling (VF Plus), Thabiso Makanatleng (ANC) en Precious Lechelele (EFF) — gesels.

Wiets Botes (DA).

Wiets Botes, Demokratiese Alliansie (DA):

Wiets Botes is ’n jarelange sakeman en inwoner van Modimolle. Hy het van 1999 tot 2016 as raadslid in die Modimolle-munisipaliteit gedien (voor die samesmelting met Mookgophong).

Botes was ook meer as vyf jaar voorsitter van die Waterberg-sakekamer. Dit is hierdie soort ondervinding wat hy nou wil inspan om die inwoners van Wyk 12 by te staan en te verseker dat munisipale amptenare en topbestuur verantwoordbaar gehou word.

Botes het aan Die Pos gesê: “Dienslewering is my topprioriteit en ek is reeds in gesprek met die onderskeie afdelingshoofde van onder meer water (lekkasies en gebarste pype), sanitasie (rioolprobleme), paaie (slaggate), asook sosiale dienste (vullisverwydering).

Botes het onlangs gehelp met die koop van benodigdhede om talle gebarste waterpype in Wyk 12 te herstel. Hy het ook met privaat loodgieters gereël om die groot blokkasie in die rioolpype by Villa Olien te verwyder nadat inwoners se jarelange klagtes op dowe ore bly val het.

“Dit is nou nodig om self in te spring om tydelike verligting te bring vir diensleweringsprobleme, maar op die langtermyn is dit nie volhoubaar nie. Ons almal betaal eiendomsbelasting én ons betaal vir dienste wat die munisipaliteit veronderstel is om te lewer. Dit is my doelwit om te sorg dat ons hierdie dienste ontvang.”

Mariska Greyling (VF-Plus).

Mariska Greyling, Vryheidsfront Plus (VF Plus):

Die Vryheidsfront Plus se verkose kandidaat, Mariska Greyling, is ’n boorling van die Waterberg en woon sedert haar huwelik met Jan Greyling in 2018 op hul plaas net buite Modimolle.

Sy is gelowig, energiek en gedrewe en staan nie terug vir harde werk nie. Greyling se passie vir die gemeenskap is duidelik sigbaar in haar betrokkenheid by verskeie gemeenskapsprojekte. Veral kinders en bejaardes lê haar na aan die hart.

Sy het aan Die Pos vertel dat die inwoners van Wyk 12 op soek is na ’n raadslid wat basiese dienslewering as hoogste prioriteit sal stel. “Ek glo inwoners van ons mooi dorp verdien beter,” het sy gesê.

Greyling is vas oortuig dat die VF Plus die beste party is om blywende verandering en verbetering teweeg te bring. Die party het ook ten doel om die bestuur van die plaaslike munisipaliteit te verbeter wat tot voordeel van die hele gemeenskap sal wees.

“Gee my ’n kans om namens die gemeenskap te veg vir ’n beter toekoms. Ek wil ’n daadwerklike verskil maak en toesien dat inwoners deurgaans water en doeltreffende sanitasie het, dat paaie begaanbaar is en dat vullis verwyder word. Ek staan in diens van die gemeenskap en sal altyd die ekstra myl loop om te help waar ek kan,” het sy gesê.

Thabiso Makanatleng (ANC).

Thabiso Makanatleng, African National Congress (ANC):

The ANC selected Thabiso Makanatleng, a young commercial farmer and law student who vows to rid the community of ongoing poor service delivery and poor administration.

He is asking residents to vote for him in order to improve service delivery in the community.

“We need to defend our municipality against the onslaught of corruption. The relevant officials in the administration should be held accountable,” he said.

“We wish to develop Modimolle into a modern and progressive town that will attract investors and tourists resulting in increased job creation and more youth entrepreneurs,” he said.

Precious Lechelele (EFF).

Precious Lechelele, Economic Freedom Front (EFF):

Precious Lechelele is the EFF’s candidate for the upcoming by-elections in Ward 12.

She was born in Modimolle and is currently working as a teacher’s assistant for the Grade 6 learners at Eenheid Primary School in Modimolle. This mother of three young children was previously employed by Capitec Bank as a service consultant. Lechelele wishes to pursue a future career in agriculture, growing corn, wheat, and sunflower crops. She would strive to encourage and enhance food security for the community.

“The safety of all members of our community is vitally important to me and I would strive to improve this by increasing the presence of visible policing and fixing streetlights. Maintenance of our roads, water, and sanitation network would also be high on my priority list,” she said.

Another focus area for her is service delivery, especially the regular removal of waste. She mentioned that community members should feel proud of their town and where they live.

“The garbage littering the streets and the dumping of rubbish in open fields is a problem I would strive to address,” she said.

Related Articles

Back to top button