Local newsNews

Bekende Bela-Bela-inwoner skielik dood

Elize Maidment (39), bekende inwoner van Bela-Bela, is op Saterdag 9 Julie onverwags dood aan wat vermoedelik ook ’n hartaanval was.

Sy was ’n staatmaker en baie betrokke by haar man, Eric Maidment, se loodgietersonderneming. Eric het aan Die Pos gesê sy vrou sou op Saterdag 30 Julie haar 40ste verjaardag gevier het.

“Haar plek is nou leeg. Sy sal onthou word as iemand wat graag ander gehelp het. Sy het nie geaarsel om vir minderbevoorregte mense in te staan nie. Sy het haar gesin en familie altyd eerste gestel. Rus sag Elize.”

Haar begrafnis het reeds by die Doves-begrafnisondernemerdienste se kapel in die dorp plaasgevind.

Sy laat haar man Eric, en drie kinders, Marilize, Wentzel en Eric jnr agter.

Haar bejaarde ma, Bessie Barnard, en suster Sonje en broer, Johan Barnard, is ook jarelange inwoners van Bela-Bela.

Related Articles

Back to top button