CrimeNews

Gemeenskap betoog teen borgtog vir vyf

Die gemeenskap van die Mookgophong-township het op Dinsdag 19 Julie betoog om hul misnoeë te wys teen die borgtog- aansoek van vyf mans wat van die moord op Mandoza (Given) Rasmathale aangekla is.

Rasmathale is na bewering op Sondag 10 Julie doodgesteek by ’n kuierplek in die Phomolong-township.

Mpho Khoza (18), James Thulare (23), Ronny Baloyi (18), Naphani Ngobeni (24) en Steve Kuthumela (18) het die betrokke oggend in die Mookgophong-streekhof verskyn om aansoek te doen vir borgtog, maar die saak is weer uitgestel omdat hulle nou aansoek moet doen om regshulp te kry.

Die borgtogaansoek sal waarskynlik op Donderdag 28 Julie aangehoor word.

Volgens AO Ockert du Plessis, stasiebevelvoerder van die Mookgophong-polisiestasie, was dit ’n vreedsame optog hoewel daar vroegoggend motorbande op die Roedtan-pad naby die Waltkon-slagpale aan die brand gesteek is.

Die optog het later vreedsaam verdaag. Die vyf beskuldigdes se borgtogaan-soeke is uitgestel na Donderdag 28 Julie. Die polisie was deurgaans op die toneel.

Die polisie was deurgaans op die toneel en het die groep van ongeveer 100 mense vergesel toe hulle later die oggend na die streekhof beweeg het.

Hulle het verdaag nadat die saak uitgestel is en die polisie het die heelwat kleiner groep onder polisiebegeleiding terug na die township vergesel.

Volgens die polisiewoordvoerder was daar geen voorvalle van saakbeskadiging of vandalisme tydens die optog nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button