AdvertorialNewsSponsored

Neem gerus kennis: Hierdie is dié Johan van RE/MAX Bushveld

RE/MAX-Bushveld, bekende eiendomsagentskap in Bela-Bela, het die afgelope tyd kliënte gehad wat verward was nadat dit aan die lig gekom het dat meer as een Johan eiendomme onder die RE/MAX-naam adverteer.

RE/MAX-Bushveld wil graag bevestig dat Johan Duvenhage geen verbintenis het met RE/MAX-Bushveld nie, maar wel met ’n agentskap in Pretoria.

Johan Kotze, plaaslike betroubare en flink eiendomsagent, woon en werk in die Bela-Bela-omgewing. Hy is enige tyd beskikbaar op sy selfoon by tel. 061 710 1612 en sal kopers en verkopers graag bystaan in hul eiendomstransaksies.

RE/MAX-Bushveld glo daaraan dat hul agente ten alle tye beskikbaar moet wees en selfs op kort kennisgewing dienste aan hul kliënte kan lewer. Dit gebeur gereeld dat vakansiegangers wat in die omgewing is, eiendom sien wat hulle graag wil besigtig en meer inligting wil bekom. Dit is daar waar Johan Kotze altyd bereid is om te help.

Kotze het ná skool landbou-diereproduksie gestudeer en as plaasbestuurder in die Vaalwater-omgewing gewerk. Hy het vir twee jaar in Amerika gewerk en sy horisonne daar verbreed. Hy het in 2006 by die Pam Golding-groep in Pretoria aangesluit en gou opgang in die eiendomsbedryf gemaak. Hy het die lewendige eiendomsmark van Kaapstad van 2014 tot 2020 bedien.

Hy het in 2016 ’n klein plasie in die Bela-Bela-omgewing gekoop waar hy deeltyds met skape begin boer het. Die Covid-19-inperkingstyd in 2020 het hom laat besluit om permanent na Bela-Bela te verhuis en hy het by die wenspan van RE/MAX-Bushveld aangesluit.

Hy het hom reeds in sy eerste jaar as agent by RE/MAX-Bushveld onderskei as ’n uitstekende agent en die toekenning as agent van die jaar in dié tak verwerf.

Theo Behrens, prinsipaal van RE/MAX-Bushveld, sê hy kry weekliks terugvoering van tevrede kliënte wat vertel dat Kotze bereid is om ekstra moeite vir hulle te doen.

Voornemende verkopers en kopers word genooi om Johan Kotze te bel by tel. 061 710 1612.

Related Articles

Back to top button