Local newsNews

Enorme slaggate in Modimolle se Maroelastraat nou herstel

Maroelastraat in Modimolle is al langer as ’n jaar bykans onbegaanbaar weens die talle slaggate waarvan sommiges meer as 30 cm diep is.

Inwoners het hul dank betuig aan Pieter Bezuidenhout, eienaar van MEGS, wat in samewerking met Desirée van der Walt (DA-koukusleier in Limpopo) en Wiets Botes (inwoner en sakeman) op Vrydag 24 Junie en Maandag 27 Junie die slaggate voor Maroela Kafee op die hoek van Maroela- en Boshoffstraat herstel het.

Volgens Botes het hulle ongeveer 270 sakke teer verskaf vir die meer as 100 slaggate wat herstel is.

Die span het ook op Dinsdag 28 Junie die kruising by Maroela- en Smitstraat, met behulp van materiaal wat deur Marlene van Staden, burgemeester van Modimolle-Mookgophong munisipaliteit, gereёl is, herstel.

Related Articles

Back to top button