Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Waterberg Karate Akademie in Bela-Bela is hard aan die werk om geld in te samel om hul trotse karatekas ’n geleentheid te gee om in 2023 aan die 10de Japan Shotokan Karate Assosiasie (JSKA) se wêreldkampioenskap in Duitsland deel te neem. Daar is altesame 19 karatekas van die klub wat in Mei vir dié kampioenskap gekwalifiseer het. Die klub het intussen ’n nie-winsgewende organisasie gestig waar die geld aangewend word om karatekas se reiskostes te help dek en ook om die sport plaaslik te bevorder. Op die foto bak vrywillgers pannekoek voor Superspar in Bela-Bela. Vir navrae en hulp, bel vir sensei Nico von Stade by tel. 082 099 0061 of vir Monique von Stade by tel. 078 302 2515.
Nolené Schlemmer (15) van Hoërskool Nylstroom in Modimolle is die Suid-Afrikaanse gewigoptelkampioen in die meisies o.16-afdeling. Sy het ook weggestap met ’n silwer medalje in die o.21-afdeling vir vroue. Daar is twee tegnieke wat gebruik word — opraap (bekend as “snatch”) en ruk-en-wip (“clean and jerk”). Vir die eerste tegniek word die gewig met een ononderbroke beweging van die grond gelig tot armlengte bokant die kop. Nolene het met die tweede tegniek ‘n indrukwekkende 71 kg gelig. Vir hierdie tegniek word die gewig eers tot op die skouers gelig en dan bokant die kop gestoot. Die Gauteng-rekord is tans 77 kg in haar ouderdomsgroep. Koos Henning, eienaar van Henning Fitness in Modimolle, is die afgelope twee jaar Nolene se afrigter. Hy het aan Die Pos gesê haar volgehoue toewyding en harde werk werp nou vrugte af.
Itumeleng Kgatla (16), Grd 10 learner from Solomon Mahlangu High School in Phagameng, Modimolle, was selected for the Limpopo junior women’s soccer team. The team will be competing against all the other provinces in a national tournament from 11-16 July in Stellenbosch in the Western Cape. Steven Majapholo (principal) said everybody at the school is extremely proud of Itumeleng and wishes her all the best for the upcoming tournament.
Kara van der Merwe, ’n leerder van Laerskool Nylstroom en vanjaar se onderhoofmeisie, is gekies vir die Limpopo 0.13 B-hokkiespan wat van Maandag 27 Junie tot Donderdag 30 Junie in Potchefstroom deelgeneem het aan die Noordelike-streek toernooi. Die toernooi is op astrobane gespeel wat sommige oggende spierwit geryp was. Ten spyte van nerf-af knieë het Kara haar hart uitgespeel en die Nylies se naam hoog gehou.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button