Local newsNews

ATKV-Waterberg Kunstefees: Kom laat ons sing!

Inwoners van die Waterberg is baie opgewonde oor die ATKV-Waterberg-kunstefees wat van Maandag 15 Augustus tot Vrydag 26 Augustus in Bela-Bela aangebied word.

Die afdeling vir sang, revue en kore word deur Marga Roos, bekende sang- en musiekonderwyser van Bela-Bela, behartig. Belangstellendes kan haar bel by tel. 082 563 4639 vir enige navrae oor hierdie afdeling.

Die sangafdeling sal vanaf Woensdag 24 Augustus tot Vrydag 26 Augustus in die kerkgebou van die NG Warmbad Wes-gemeente plaasvind. Die revue en kore sal op dieselfde dae in die kerksaal van die Warmbad-Wes-gemeente in Gilfillanstraat in die dorp deelneem.

Almal is welkom — van die mense wat wéét hoe om die regte note te vat tot mense wat nog nooit enige opleiding ontvang het nie. Enige volwassene of kind wat hul talente met die beoordelaars wil deel, is welkom. Wie weet — dalk ontdek hulle groot talent. Die Waterberg is hoeka bekend vir sy sangers.

Inskrywingskriteria en ander vereistes is in die prospektus. Die sluitingsdatum vir inskrywings is op Vrydag 22 Julie.

Vir ander feesnavrae bel vir Amanda van Vuuren, feesvoorsitter, by tel. 082 569 4874 of stuur vir haar ’n e-pos na amandav@belanet.co.za. Navrae kan ook gerig word aan die ko-ördineerder,

Wilhelm Jonker, by tel. 061ִ 477 7268 of stuur vir hom ’n e-pos na wilhelmjonker984@gmail.com(.)

Related Articles

Back to top button