Die Bokkieweek word van 4-8 Julie in Kroonstad gehou.
Home/Sport/Local sport/Warries oppad na Bokkieweek Local sportSport Warries oppad na Bokkieweek Hoërskool Warmbad is baie trots op hul sportleerders wat in Mei gekies is om aan die Bokkieweek deel te neem. June 27, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Adele Schoeman, Karla Smith, Lindi Prinsloo en Isabel Aguinaga van die Warries is gekies vir die o.14-hokkiespan wat in Kroonstad tydens die Bokkieweek sal meeding. Die Bokkieweek word van 4-8 Julie in Kroonstad gehou. Dienkie Vorster, ’n jong Warrie, is gekies vir die o.14-netbalspan wat die koue in Kroonstad tydens die Bokkieweek sal trotseer. Pieter Roux, Trystann Ferreira, Rikus Kern en Jayson Verster is Warrie-rugbymanne wat tydens die Bokkieweek in Kroonstad saam met die o.19-spanne sal uitdraf. Megan Prinsloo en Daniel Verster, twee van die Warries se eerstehokkiespanspelers, sien uit om saam met hul o.18-hokkiespanmaats die ander spanne tydens die Bokkieweek te troef. Die kookwater Warrie-rugbyspelers Ewan Vorster (o.16), Christiaan Jooste (o.19) en Johanco Potgieter (o.19) sal hul vernuf en vaardighede tydens die Bokkieweek in Kroonstad aanwend. June 27, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print