Local newsNews

Baie gewilde kunstefees net om die draai

Die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) se Waterberg-kunstefees word ná twee jaar se stilte weer vanaf Maandag 15 Augustus tot Vrydag 26 Augustus in Bela-Bela aangebied.

Soos in die verlede is daar ’n wye verskeidenheid kategorieë waarvoor deelnemers van alle ouderdomme kan inskryf.

Die beplanning is om op Maandag 15 Augustus met die kuns-afdeling weg te spring. Christa Snyman is die sameroeper en deelnemers kan haar kontak vir meer inligting by tel. 084 405 4932.

Die afdelings in dié kategorie sluit in skolekuns (van voorskool tot gr. 12), drukwerk, skilderkuns in enige medium, houtsnee of -draaiwerk en vir die vroue is daar spesiaal ’n handwerkafdeling.
Die inskrywings sal beoordeel word deur ’n bekende kunstenaar wat werke in talle galerye uitstal.

Vir enige inligting oor deelname in al die afdelings, bel vir Theresa Jonker, koördineerder, by tel. 061 477 7268.

Alle afdelings word beoordeel by die NG Kerk Warmbad-Wes-gemeente in Gilfillanstraat, Bela-Bela.

  • Hou Die Pos dop vir meer inligting oor die kunstefees.

Related Articles

Back to top button