Local sportSport

Hansies se rugbymanne eindig die seisoen op ’n hoë noot

Die rugbyspanne van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het die seisoen op ’n hoë noot afgesluit toe vier spanne in die semifinale- en finale rondes van die Limpopo-liga gespeel het.

“Die twee o.15-spanne het besonder goed gevaar en die B-span, ook bekend as die Ratels, het eerste in Limpopo geëindig. Ons is baie trots op hulle,” het Rinus de Jager, hoof van die Hansies, gesê.

Die o.15B-span het op Saterdag 11 Junie teen Hoërskool Tom Naudé in die finaal gespeel en 22-14 gewen. Hulle is hierdie seisoen onoorwonne aangesien hulle selfs al die vriendskaplike wedstryde gewen het.

Die o.15A-span het vir Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi in die semifinaal met 22-10 geklop en sal ná die Julie-vakansie teen Hoërskool Merensky van Tzaneen in die Limpopo-finaal speel.

Die o.15A-rugbyspan van die Hansies het op Saterdag 11 Junie in Polokwane teen die span van Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi kragte gemeet. Die Hansies het oortuigend met 22-10 gewen en sal ná die Julie-vakansie teen die span van Hoërskool Merensky in die Limpopo-finaal te staan kom.

Die o.16B-span het naelskraap teen Merensky in die finaal verloor met ’n telling van 14-17 en het dus as Limpopo-naaswenners uit die stryd getree.

Die Hansies se derdespan, ook bekend as die Wildehonde, het met 10-20 teen Hoërskool Frikkie Meyer verloor en is ook Limpopo-naaswenners.

“Ek is baie trots op die spanne. Hulle prestasies is net weer ’n bewys dat harde werk beloon word,” het Lebu van Heerden, adjunkhoof van sport en die o.15-spanne se afrigter, gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button