Local sportSport

Euphorbia laat die puntebord bars

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Maandag 23 Mei hul rugby- en netbalseisoen op ’n suksesvolle noot afgesluit.

Vyf van Euphorbia se netbalspanne en twee rugbyspanne het as die algehele wenners van die afgelope Bosveld Sewes-skoleliga uitgetree.

Die finale wedstryde is by Waterberg Academy buite Vaalwater gespeel.

Die o.10-netbalspan van die Euphorbiaskool het die beste presteer in hul ouderdomsgroep tydens die Bosveld Sewes-skoleliga. Die span sluit in Mary-Jane Rabie, Kara Muller, Annika Fouché, Mieke van Emmenes, Chaline Kotzé en Melissa Erasmus. Hul afrigter is Stephanie Mellet (agter).
Die o.11-wenspan van die Euphorbiaskool in die Bosveld Sewes-skoleliga is Uné Kriel, Khloé Potgieter, Mieke de Beer, Hildé Fouché, Mary-Jane Rabie, Lumé Venter en Mika van Jaarsveld. Saam met hulle is hul afrigter, Elbie Janse van Vuuren.
Die o.12-netbalspan van die Euphorbiaskool staan trots met hul trofee na afloop van die Bosveld Sewes- skoleliga in Vaalwater. Die span bestaan uit Zoené Kellerman en Lize Janse van Vuuren. Agter is Carli Strauss, Elouise Pretorius, Lexi Knapton, Hesté Schalekamp (afrigter), Mieke de Beer en Mia Botha.
Die Euphorbiaskool is baie trots op hul o.13-netbalspan (links) wat die wenners was van die Bosveld Sewes- skoleliga. Voor is Tiffany van Wyk, Misha Abrahamse en Nicole Louw. Agter is Jessica Potgieter, Lianie Erasmus, Chané Loots, Jani van Heerden (afrigter) en Rejeanne Bodemer.
Hierdie jong bulle van die Euphorbiaskool se o.9-rugbyspan het hulself op die rugbyveld bewys en as die algehele wenners van die Bosveld Sewes-skoleliga uitgetree. Hulle is Wouter Venter, Arno Pretorius, Willem Smith, Willem Botha, Luan Venter, Rubin Botma, Niël Opperman, Dian Leversage en Lian Brits. Hul afrigter is Renier Swanepoel.
Die o.13-rugbyspan van die Euphorbiaskool in Mookgophong het hul staal tydens die Bosveld Sewes skoleliga gewys en is as die algehele wenners in hul ouderdomsgroep aangewys. Die span bestaan uit Juan Tolmay, Coena Smith, Erik van Zyl, Robert Abrahamse, AJ Van Jaarsveld, Evan Jonker, De Wet Boshoff, Renier Pieterse, Stephan van Zyl en Le Roux Brits. Hul afrigter is André Viljoen (agter).
Hierdie leerders (links) van die Euphorbiaskool is in hul ouderdomsgroepe as die beste spelers van die Bosveld Sewes-skoleliga aangewys. Voor is Ina-Marie Fouché, Miané Loots, Leila Potgieter en Chaline Kotze. In die middel is Willem Smith, Matthew Reeves, Robert Abrahamse en Divan de Bruin. Agter is Lize Janse van Vuuren, Misha Abrahamse en Mieke de Beer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button