LettersOpinion

Brief: AfriForum se Warmbad-tak begin met slaggatprojek

Ek wil graag ’n beroep op elke inwoner van Bela-Bela doen om by hierdie soort projekte betrokke te raak. Saam sal ons ’n verskil kan maak.

Sampie Steinberg, distrikskoördineerder, AfriForum: groter Pretoria Noord-gebied, skryf:

AfriForum se Warmbad-tak het op Saterdag 7 Mei hul slaggatprojek afgeskop.

Die tak het ongeveer 4,1 ton teer gebruik om slaggate in verskeie strate te vul.

Die tak het slaggate by die Quagga- en Gilfillanlaankruising gevul, asook in Grobler-, Moffat-, Meininger-, Swanepoelstraat en Mentzlaan.

Ek wil graag ’n beroep op elke inwoner van Bela-Bela doen om by hierdie soort projekte betrokke te raak. Saam sal ons ’n verskil kan maak. Instansies wat hande wil vat met die AfriForum-tak is ook baie welkom, want selfdoen is beter as niksdoen.

Die Warmbad-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by hierdie projek. Die gemeenskap kan ook donasies maak in ’n poging om Bela-Bela slaggatvry te maak.

Vir meer inligting bel vir Carin Botha by tel. 082 853 4176.

Sluit gerus aan deur maandeliks ’n bydrae te maak of SMS die woord “Warmbad” na tel. 45340 (R1).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button