LettersOpinion

Brief: Voorstelle ingedien om berugte roete na gewilde Krugerwildtuin te beveilig

Verskeie besoekers aan die Krugerwildtuin is die afgelope tyd deur gewapende mans beroof nadat hulle die park via die Numbi-hek verlaat het.

Werner Weber, Vryheidsfront-Plus (VF-Plus) -lid van provinsiale wetgewer en provinsiale leier, Mpumalanga, skryf:

’n Veiligheidsplan vir toeriste is eenparig aanvaar nadat die VF-Plus dit by die provinsiale wetgewer ingedien het.

Die plan fokus spesifiek op die omgewing naby die Nasionale Krugerwildtuin se Numbi-hek.

Verskeie besoekers aan die Krugerwildtuin is die afgelope tyd deur gewapende mans beroof nadat hulle die park via die Numbi-hek verlaat het.

Daar is op ’n ma en haar kinders in hul voertuig geskiet, twee Duitse toeriste is helderoordag beroof en ’n gesin van vyf is voorgekeer en beroof.

Die VF-Plus dring onder meer aan op ’n sterk polisie-sigbaarheid in hierdie omgewing.

Die VF-Plus vra in die veiligheidsplan die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid se samewerking met betrekking tot:

Die doel van die veiligheidsplan is ook om ’n vennootskap tussen die openbare en private sektore te bevorder om kwessies soos die veiligheid van toeriste op ’n meer gekoördineerde wyse aan te spreek.

Die doel is om ’n verbeterde toerisme-ervaring te bied en moontlike wanpersepsies van Mpumalanga as ’n onveilige bestemming te verander.

Daar sal binne die volgende drie jaar ongeveer R370 miljoen bestee word aan die opgradering van toeristegeriewe, paaie en hekke om die Krugerwildtuin.

Al hierdie geld wat bestee word, sal egter niks beteken as die roetes na die park, spesifiek die Numbi-hek-roete, ’n brandpunt vir misdaad bly nie.

Die beskerming van alle toeriste, voorkoming van georganiseerde misdaad en die bevordering van volhoubare toerisme-ontwikkeling is uiters belangrik.

Related Articles

Back to top button