Local sportSport

Rolbalspelers spook dit uit tydens toernooi

Bykans 50 rolbalspelers het sake vanaf Donderdag 12 Mei tot Saterdag 14 Mei tydens die jaarlikse Kranskop Sesse-toernooi uitgespook.

Die toernooi is vir die 15de opeenvolgende jaar deur die Nylstroom-rolbalklub in Modimolle aangebied, met die uitsondering van 2020 toe die toernooi weens die Covid-19-grendeltyd gekanselleer is.

Die agt spanne van ses spelers elk wat oor nege rondes teen mekaar meegeding het, was van verskeie klubs in Bela-Bela, Tzaneen, Irene (Pretoria) en Lynnwood (Pretoria).

Die Nylstroom-rolbalklub se gedugte span onder leiding van Helen West moes tevrede wees met die tweede plek tydens die toernooi. Hier staan Hennie Greyling, Leonie Croeser, Hanni Sevenster, Robert Marshall, Willem van Hulst en Helen West (spankaptein).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button