Local sportSport

Kom speel ’n potjie gholf saam

Gholfspelers en getroue Warrie-ondersteuners kan solank hul gholfstokke gereed kry vir die Warrie Kwagga Ope-gholfkompetisie wat op Vrydag 10 Junie by die Koro Creek-gholfbaan in Modimolle gehou word. Dié fondsinsamelingsprojek is ten bate van Laerskool Warmbad. Die skool wil graag nuwe sporttoerusting koop en die leerders die geleentheid bied om hul sport te ontwikkel. Belangstellendes …

Gholfspelers en getroue Warrie-ondersteuners kan solank hul gholfstokke gereed kry vir die Warrie Kwagga Ope-gholfkompetisie wat op Vrydag 10 Junie by die Koro Creek-gholfbaan in Modimolle gehou word.

Dié fondsinsamelingsprojek is ten bate van Laerskool Warmbad. Die skool wil graag nuwe sporttoerusting koop en die leerders die geleentheid bied om hul sport te ontwikkel.

Belangstellendes kan deel wees van ’n span waarin vier spelers in twee pare meeding. Die laagste telling van die twee spelers word in ag geneem vir die plekplasing.

Spelers wat in die verlede aan dié opedag deelgeneem het, kan daarvan getuig dat dit ’n heerlike gesellige dag is wat goeie sportmanskap bevorder.

Die topspelers sal in aanmerking kom vir groot pryse en spelers en ondersteuners sal agterna kan aansit vir ’n smaaklike aandete. ’n Veiling sal dan aangebied word. Skip Scheepers sal die veiling hanteer.

Die eerste afslaan is om 11:00.

Vir meer inligting en inskrywingsfooie kan spelers vir Karolien Stein bel by tel. 084 588 8226 of stuur ’n e-pos na info@hingesa.co.za(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button